facebook twitter instagram newsletter
 

Wenners

Wynkelders uit die Robertsonwynvallei het oudergewoonte goed gevaar by die 2019 Suid- Afrikaanse Muskadeltoekennings en talle pryse ontvang. Badsberg wynkelder van Rawsonville in die Breedekloofvallei swaai vanjaar die “soetes” septer soos aangekondig by die 17de jaarlikse SA Muskadeltoekennings. Dié geleentheid is op 23 Mei in Noop Restaurant in Paarl aangebied. Hier het Badsberg Wynkelder een platinum- en twee goue toekennings verower. Die platinumtoekenning was vir hul Badsberg Red Muscadel 2017 en die twee goues vir hul Red Muscadel 2008 (goue medalje by SA Muskadel-toekennings

2009) en Red Muscadel 2009. Mont Blois Wynlandgoed in die Robertson Wynvallei is die enigste ander kelder wat vanjaar met ’n platinumtoekenning

vereer is. Die wenwyn van die sesde generasie Bruwers van dié landgoed, Mont Blois Pomphuis White Muscadel 2016, is van 26 jaar oue wingerd afkomstig en daar is slegs 330 kiste geproduseer. Die bottels is verpak in ’n

houtkissie en die logo is elegant en duursaam afgerond met die Bruwer-familiewapen – ’n pragtige weerspieëling van Suid- Afrikaanse muskadel.

Drie ander wyne uit die Robertson Wynvallei wat met goue medaljes beloon is, is Bon Courage en Montagu Wine & Spirits. Bon Courage Landgoed, ’n gereelde presteerder by die SA Muskadel-toekennings, wen twee goues vir hul Red Muscadel 2018 en White Muscadel 2018. Montagu Wine & Spirits het ook

goud losgeslaan vir hul White Muscadel (geen oesjaar). Die Breedekloofvallei het sy reputasie as muskadel-kontrei gestand gedoen en vyf goue medaljes ingeoes. Vir Du Toitskloof Wynkelder het twee goue medaljes vir hul Red Muscadel 2016 en Hanepoot Jerepigo 2014 gewag, terwyl Slanghoek Wynkelder met drie goue medaljes vir hul Red Muscadel 2017, Red Muscadel

2018 én Hanepoot Jerepigo 2017 weggestap het. De Wet Cellar van die Worcester Wyn- en Olyfroete het goud gewen vir hul White Muscadel 2017. Die wyne is blind geproe en volgens ’n welbeproefde puntestelsel beoordeel.

Die uniekheid van die verpakking speel ook ’n rol in die puntetoekenning; dit kan selfs die verskil tussen ’n goue en platinumtoekenning beteken. Die wenwyne kan in winkels uitgeken word aan die Muskadel SA plakker wat op die bottle aangebring word. Dié jaar se beoordelaars onder sameroeper Dave Biggs (wynskrywer en stigterslid van die Wynklub Wine-of-the-month) was Cerina van Niekerk (wynmaker by Klawer Wynkelder), Altus le Roux (MD

en Keldermeester by Bolandkelder vir 24 jaar tot Augustus 2008, tans direkteur by Coastal Wine Exports), Jaco Potgieter (DGB-wynkundige), Nerina Cloete (wynmaker by Blaauwklippen). “Soos gereeld in die media berig word, gaan die wynbedryf asook die res van die landboubedryf op die oomblik gebuk onder geweldige droogte – ons is baie gelukkig met muskadel omdat dit een van die eerste druifsoorte is wat ryp word – die hitte help dat die druiwe ’n goeie konsentrasie suiker opbou,” sê Henri Swiegers, voorsitter van Muskadel SA.

“Oesgetalle was af, maar die gehalte hoog en ons is baie tevrede met die kwaliteit van die inskrywings wat ons ontvang het,” sê Swiegers.

 

 

Back

nedbank